Thursday, May 21, 2009

Sonnet XVII - Pablo Neruda

Ek't al genoem dat ek 'n sucker is vir lovestories en dieselfde gaan vir gedigte oor die liefde. Maar nie die normale Roses are Red-tipe goed nie. Ek hou van donkerder, dieper poems...

Ek vertel nou die dag vir Mr. JB van die Oriah Mountaindreamer een wat ook hier erens is, en hy vertel my toe van hierdie outjie deur Pablo Neruda:

I don't love you as if you were the salt-rose, topaz
or arrow of carnations that propagate fire:
I love you as certain dark things are loved,
secretly, between the shadow and the soul.

I love you as the plant that doesn't bloom and carries
hidden within itself the light of those flowers,
and thanks to your love, darkly in my body
lives the dense fragrance that rises from the earth.

I love you without knowing how, or when, or from where,
I love you simply, without problems or pride:
I love you in this way because I don't know any other way of loving

but this, in which there is no I or you,
so intimate that your hand upon my chest is my hand,
so intimate that when I fall asleep it is your eyes that close.

~

Dis mos hoe mens veronderstel is om lief te he.

Tim Tam Suck

O.M.G.

'n Paar jaar terug het iemand vir my ma 'n pak van hierdie koekies van Australia af gebring en ek het dit geloooooove. So toe ek eendag in die Groenkloof Spar inloop en ek trip amper oor die berg Tim Tam koekies het ek gedink ek's in die hemel.

Hierdie is die perfekte koekie, met net die regte balans van sjokolade en koekiedele. En net so is hulle ongelooflik lekker.

Ek sit toe eendag en eet van hierdie stukkies hemel, toe Ex1 se broer daar inloop en vir my vra of ek nie weet hoe mens veronderstel is om hulle eintlik te eet nie.
Hy wys my toe wat ek nou ken as die Tim Tam Suck (hmm, klink so bietjie suggestief...).

Volgens Arnott's is mens veronderstel om altwee die punte heeltemal af te byt, maar Ex1 Broer het my gewys dat mens net 2 teenoorgestelde hoekies af te byt.

Jy dip dan die een punt in jou koffie (of tee seker, maar ek hou maar van my Java), en suig dit deur die ander punt...

Dan moet jy vinnig wees, want obviously gaan die warm koffie die sjokolade laat smelt (dis soort van die punt), druk die hele koekie in jou mond en dis dit. Hemel. Saligheid. Vrede. Skuldgevoelens (want niks so lekker kan legal wees nie).

Monday, May 4, 2009

Die awesomeness AKA Mr. JB

Righty, so ek en Mr. JB is nou officially saam vir 'n paar weke en om te se dis awesome is 'n under-statement of note.

Anders as ander mense, leer ek blykbaar uit my previous relationships, want Mr. JB is alles wat ek nog altyd voor gehoop het. Ek weet dit klink seker naief en na die ramblings van iemand wat verlief is, maar dis waar.

Mr. JB vat al die goed wat great was in my vorige relationships en maak dit awesomer (dink nie dis 'n woord nie, maar ja...).

Hy laat my myself wees.
Hy laat my lag.
Hy respekteer my maar hy piep my nie op nie.
Hy leer my skate.

Ons deel dieselfde waardes en het dieselfde idees oor hoe die wereld moet wees.
Hy aanvaar my beliefs.

Ek love dat ons mekaar eers leer ken het oor mails en die foon, voor ons mekaar ontmoet het en dat hy so awesome is in real-life as wat hy in die virtual wereld was.

Hy's super laid-back, maar hy't 'n energie vir die lewe wat aansteeklik is.
Hy't my geleer om lief te wees vir myself en om nie so baie om te gee wat ander mense dink nie.

Hy jaag sy drome na en doen goed waaroor hy passievol is.
Hy't al in sy amper-29 jaar op die aarde, meer gedoen as wat meeste mense in 'n leeftyd sal doen.
Hy's 'n great bassist en hy't 'n ongelooflike passie vir musiek.

En die beste deel is dat hy my vreemde sin vir humor so goed verstaan!

Hy is, en daar is regtig nie 'n ander woord om hom te beskryf nie, AWESOME!

So ja, ek't my love-story gekry, dis dalk nie heeltemal soos in die boeke nie (nog geen miscommunication of natural-disasters nie), maar dis wat dit net soveel beter maak.

SIMS 3

SIMS 3!!!

Ek is 'n huge SIMS fan, en ek't nou al 'n rukkie terug gehoor dat die nuwe SIMS binnekort gaan uitkom. So toe Mr. JB my anoggend hierdie link mail, het ek amper 'n traan gestort. Nee, eintlik twee. 'n Traan van blydskap en 'n traan van hartseer. Ek's bly want, damn, ek en Flatmate gaan lekker speel. Maar shit mense, ons gaan niks anders doen nie...

In ons 1ste jaar in Zinnia, het ek en sy my roommate mal gemaak. Want sien, ek het toe nog nie 'n PC gehad nie, Roommate het inteendeel 'n awesome een gehad wat SIMS2 baie mooi gerun het. So ek en Flatmate het onsself vir ure agter daai PC geplant. En as ek se ure, bedoel ek URE! Ons het eerder SIMS gespeel as om te swot, oefen, selfs eet. Ons het maar net gehoop iemand sal genadig wees en ons met 'n koekie of twee gooi elke nou en dan.

SIMS3 gaan tien teen een dieselfde paadjie met ons loop. So ek wil net van hierdie geleentheid gebruik maak om solank vir Mr. JB onverskoning te vra vir al die ure wat ek hom nie gaan sien in hierdie tyd nie. (BTW, ek en Mr. JB is nou al 'n paar weke saam, sal later meer van die awesomeness vertel :D) Mister, jammer, maar die flat gaan van nou af jou verantwoordelikheid wees. Aan my werkgewers, jammer vir die ure se slaap wat ek gaan mis, en daardeur heeltemal onproduktief gaan wees die volgende dag.

So ja, hier is 'n link vir die wat sou belangstel om te gaan kyk. DIS AWESOME!!

http://thesims3.ea.com/view/pages/home.jsp?languageCode=uk

Tata!